8650 3.7v Li-ion 8650 3.7v Li-ion

Mag jou besoek aan hierdie fotografie webwerf 'n sielsverykende en verkwikkende ervaring wees!


Ek het ingeval by die geledere van mense wat begin foto's neem en dan ontdek dat fotografie 'n wonderlike kombinasie is van wetenskap en kuns, twee gebiede wat my albei geweldig interesseer.  Dit het 'n onblusbare leer-lus by my wakkergemaak, met die heerlike ervaring van gestimmuleerd te wees en te groei en ontwikkel.


Foto's waarop ek 'n jaar terug baie trots was, bekyk ek nou krities en weet hoe ek dit sou anders doen as ek weer kon.  Die meeste foto's kan egter nooit herhaal word nie.


Hierdie versameling foto's verteenwoordig dit wat nou vir my my persoonlike gunstelinge is.  Sommige oor die foto-kwaliteit daarvan, die meeste daarvan ook oor die assosiasie wat daar in my hart en gedagtes is rakende die omstandighede of situasie wat deel van die foto uitmaak, wat julle nie kan sien nie en oor die algemeen nie in kan deel nie.


Fotografie leer my om anders te sien.  Dit roep my sintuie op om fyner waar te neem en dit maak in my 'n toenemende bewondering vir God, ons Skepper wakker.


Ek deel graag met jou iets van wat ek sien en beleef in die węreld rondom my.....


Erika Jordaan



Aan God al die eer, Hy wat alles gemaak het!


Erika Jordaan