As mens kliphard aan die leer en ontwikkel is, is positiewe terugvoer en ook konstruktiewe kritiek ongelooflik baie werd.  Hier is 'n paar mense se kommentaar, wat vir my baie beteken en wat my aanmoedig om steeds meer te leer, steeds meer ervaring op te doen en steeds te bly groei:

 

 

Erika Jordaan van Montagu  -  Wenner van die ProAgri Landboutydskrif voorbladkompitisie


ProAgri Landboutydskrif het vir sy 150ste uitgawe 'n fotowedstryd aangebied en na 'n "taai" stryd vir die beoordelaars is Erika Jordaan van Montagu aangewys as die wenner met die foto hieronder wat dan ook ProAgri 150 se voorblad versier:




Erika s dit is die toneel wat haar soggens begroet wanneer sy saam met die kinders tot by die bushalte loop vir hulle rit skool toe. Moontlik 'n bietjie onregverdig teenoor die boere en boerinne in die vaal winternoorde, maar mooi bly darem mooi!



Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en u bly steeds welkom om enige tyd plaasfoto's na ons toe te stuur om in die toekoms te gebruik (natuurlik met die nodige erkenning aan die fotograaf). Dit help ons om ProAgri vir u mooier te maak!


Erika wen met die inskrywing een van die gesogte Titan selfone.





__________



baby with dummy

baby drinking bottle


Sjoe, baie baie dankie vir die ongelooflike geskenk!  Dit slaan jou asem weg.  Jy het werklik ‘n besonderse talent.  Ons het bietjie na die ander foto’s ook gaan kyk.  Dit hoort in boeke!

Ian en Janelle de Kock  -  Oktober 2010





__________








Fantastiese fotos!  Jy het 'n goeie oog en as ek so na die landskappe kyk, is jy nie bang om moeite te doen vir 'n goeie foto nie.


Ons skop volgende jaar nog 'n projek af waar ons die publiek van Suid Afrika wil betrek. (SOUTH AFRICA - 365 Magnificent Days)  Sal graag wil sien dat jy betrokke raak. Voorlopige inligting oor hierdie projek kan jy sien by www.oshana.co.za/team.html  en ook by  www.oshana.co.za/publishing.html


Dankie vir die uitnodiging. Ons sal jou definitief kom opsoek as ons in daardie omgewing aankom. En as ek weer so na jou fotos kyk, gaan ons beslis iets by jou ook leer!


Groete

Nicoleen & Erwin (Desember 2010)




ERWIN & NICOLEEN NIEMAND OSHANA Publishing / www.oshana.co.za





__________








__________




Die fotos is PRAGTIG!!


Ek het dit oor en oor gekyk en gewens dat ek ook die gawe het om so artistiese benadering te h tot fotografie.


Baie dankie.


Ons het ons eie huis nog nooit so mooi gesien nie.

Louise Biden 




__________





Subject: A touch of light after some rain


Message: This photo is absolutely amazing.  Would there be any way I could get a higher res version that I could have printed for framing?  I would love to have a copy of that hanging on my office wall, I find everything about it absolutely breathtaking.


Whether your answer is yes or no on my request, I just wanted to let you know how much I appreciate the excellence of this photo.


Thank You,


Ray Gertner

New York, USA


Nikonians

Worldwide Home for Nikon Photographers

www.nikonians.org